Prediker: Japie Marais

In 1 Korintiërs 14 gaan dit primêr oor die erediens soos ons dit noem. Ter wille van Paulus se siening daarvan sal ek eerder van die samekoms van die gemeente praat. Dit is die woorde wat Paulus gebruik in die gedeelte. IN vers 26 sê hy : “Hoe moet dit dan wees, broers? Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ‘n bydrae om te lewer: ‘n psalm, ‘n onderwysing, ‘n openbaring, ‘n ongewone taal of klank, ‘n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop”

Hoe moet dit dan wees? Met ander woorde Paulus wil vir ons hier die hele doel, verloop en aard van die samekoms van die gemeente verduidelik. En dit alles omdat die gemeente in Korinthe ‘n heel skeef gedraaide siening van die erediens gehad. Hulle het die erediens gesien as ‘n geleentheid waar elkeen kan spog oor die gawes waaroor hy beskik. En onder hierdie gawes was onder meer die spreek in tale. Aangesien dit nie ‘n kwessie in ons gemeente is nie, gaan ek nie daaroor praat nie maar net oor die beginsels van hoe ‘n erediens moet wees. En as ek daaroor praat gaan ek dan wanopvattings wat in ons tyd bestaan aanspreek en besweer.

 

Terug by ons vraag wat Paulus vra : Hoe moet dit dan wees? Hoe moet die samekoms van die gemeente daarna uitsien? En in die lig van die geskiedenis van ons kerk is daar drie moontlike antwoorde –

 

 

Tradisoneel is die samekomste van die gemeente primêr as ‘n monoloog gesien. Monoloog dan in die sin van soos wat dit in die literatuur verstaan word. Daardeur is die betekenis dat monoloog ‘n woord is wat dui op die feit dat net een persoon praat. In die spesifieke geval is dit dan die dominee wat preek en ons luister. Net soos ‘n eenman vertoning of konsert. En as hy dit goed gedoen het, dan juig ons hom toe met ‘n lied en met ‘n geldjie wat ons dink is in lyn met sy vertoning. Na hierdie monoloog sal ons dan huis toe gaan en ‘n rukkie daaroor dink, maar dan gaan ons lewe aan. Van ons kant is daar weining indien enige meelewing. Ons kan dan nog as regverdiging sekere gedeeltes in die hoofstuk gebruik om ons saak te bevestig soos vers 6 waaar Paulus sê: “Ek sal vir julle net van nut wees as ek ‘n openbaring of kennis of profesie of lering aan julle meedeel.”

 

Dit is ‘n totaal verkeerde interpretasie van die woord monoloog in die konteks van die samekoms van die gemeente. As ons se dat die samekoms van die gemeente ‘n monoloog is dan moet dit in die Bybelse konteks verstaan word. Monoloog word opgemeaak uit 2 woorde : Monos wat alleen beteken en Logos wat woord beteken. So gesien het die woord monoloog niks te doen met die kommunikatiewe aard van die samekoms nie, maar met die inhoudelike van die samekoms. Woord alleen kan allereers vertaal word met die reformatore se verklaring daarvan wat sola scriptura is. Met ander woorde die inhoudelike van die erediens gaan primê oor die Woord van God. In die gedeelte word dit duidelik gestel

 

 

Die inhoudelike van die samekoms van die gemeente moet dus primêr die Woord van God – die Bybel wees.

 

Maar monoloog beteken ook in ‘n ander sin Woord alleen. En dit is sola Christus. Ons weet mos dat veral Johannes na Jesus as die Woord verwys.  Hy begin sy evangelie in Johannes 1:1 : “In die begin was die Woord daar en die Woord was by God en die Woord was self God.”  Daarom sê Paulus in vers 25 dat as ons bymekaar wees, moet Jesus so sentraal wees dat as iemand inkom en hoor waarmee ons besig is dat hy op sy knieë sal neerval en sy sondes bely en erekn dat God by ons is. Monoloog beteken dus ook dat Christus alleen sentraal in ons samekoms moet wees. Die uitoefening van al die gawes wat ons ontvang het moet ten doel hê dat ons Jesus sal verheerlik.

 

 

In die tweede plek kan ons die samekomste van die gemeente primêr as ‘n dialoog sien. Dit klink baie vroom maar die probleem kom by die verklaring daarvan. Nou weet u dat dialoog beteken ‘n gesprek tussen twee of meer mense. En so gesien verklaar baie mense die samekoms as ‘n dialoog tussen die dominee en die gemeente. Hy praat en hulle luister. Dan praat hulle weer met hulle liedere en of dankoffers en hy bly stil. Die probleem kom dat God se teenwoordigheid geignoreer word en nog slegter dat dit soos ‘n gewone gesprek gesien word. En dit is dat as ons daar uitstap dan is die gevolg soos as ek iemand raakloop en met hulle praat. As ek klaar gepraat het en aanloop dan is alles wat ek gehoor en gesê het vergete. Dit is glad nie hoe die samkoms moet wees nie. Want dan doen ons presies wat daar staan in vers 21 dat God gepraat het en die mense het nie geluister nie.

 

So ‘n interpretasie is verkeerd. Die samekoms is wel ‘n dialoog. Maar ‘n dialoog tussen ons as gemeente en die Here. Hy praat en ons antwoord. Met ander woorde dialoog dui op die kommunikatiewe aard van die samekoms.

 

 

Met ander woorde diesamekoms vand ie gemeente is ook ‘n dialoog tussen ons en God.

 

 

Maar in die derde plek is die samekomste van die gemeente ook ‘n proloog. Proloog word gewoonlik gebruik in die sin van ‘n voorwoord. So gesien verstaan ons die samekomste baie keer as ‘n byeekoms waar ons net so ‘n proesel kry van wat eendag in die hemel gaan gebeur. Of baie mense sien dit as ‘n voorwoord van wat die dominees die res van die jaar gaan gebeur.

 

Maar so ‘n interpretasie is ook verkeerd. Proloog in die sin van die samkomste kan wel verstaan word as ‘n proloog soos in ‘n boek. Maar dan baie soos Shakespeare dit gesien het. IN die begin van Romeo en Juliet sê hy die volgende woorde : “”Two households, both alike in dignity,” Met hierdie woorde het hy die situasie waarbinne die verhaal gaan afspeel geskep. Of die proloog van die samekomste kan verstaan word soos in musiekterme. ‘n Proloog in ‘n musiek is baie keer ‘n kort opsomming van al die wysies wat in die gedeelte gehoor gaan word. Met ander woorde as ons praat van die samekomste as ‘n proloog dan verwys ons na die doelmatige aard van die samekomste. Met ander woord : Wat is die doel daarvan? En hieroor is Paulus baie duidelik :

 

 

En hierdie opbou, getuienis en eer van God in die samekoms is net ‘n voorspel van wat ons die res van die week gaan doen. Ek sing omdat ek oefen om die week die Here te loof. Ek luister omdat ek die week wil gehoorsaam wil wees. Ek gee dankoffers omdat ek in die week ook mense gaan help. Ek bid omdat ek wil leer hoe om te bid.

 

Samekomste is ‘n proloog.

 

Slot

Geliefdes dit is hoe ons die samekomste moet sien. Dit is nie iets wat opsioneel is nie. Dit is verpligtend. Daarom sê die Hebreerskrywer dat ons nie die samekomste van die gemeente moet nalaat nie. Dit is belangrik :

 

 

En elkeen van ons het ‘n bydrae om te gee. Daarom staan daar in 1 Korintiërs 14:26: “Hoe moet dit dan wees, broers? Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ‘n bydrae om te lewer: ‘n psalm, ‘n onderwysing, ‘n openbaring, ‘n ongewone taal of klank, ‘n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop”