“Gekruisigde Jesus,
hierdie broodjie en bietjie wyn lyk so vreemd,
so alledaags.
Maar U het ons alledaagse lewe betree.…
U het soos ons geword … amper alledaags.
En daarmee het U ons alledaagsheid kom oordek met U Goddelikheid.
U offer U liefde, U genade, Uself…!
sodat ons vandag hier kan wegstap en ‘n vreemde spoor
van Goddelike liefde en hoop kan laat.
Daarom buig ons stil aan die voet van die vreemde kruis.
Amen”