Kan jy jou voorstel dat jy ’n boek met ’n lekker spanningsverhaal in die boekwinkel koop en begin lees.
En die drama bou op. En die spanningslyn loop al hoër. En die intriges verdiep.
En jy kan die boek nie neersit nie. En jy raak al meer nuuskierig oor de einde…
En as jy by die derde laaste bladsy kom waar die drama se ontknoping begin…
daar waar die hele plot ontvou…
… en jy blaai die volgende bladsy om … en NEEE!!! … stouterds in die boekwinkel het die laaste drie bladsye uitgeskeur!!

Of in meer moderne idioom.
Jou e-boek sê net “This page can not be displayed. En die “Refrech button” refresh niks verder nie! Jy refresh, jy restart! Nodeloos!

Jy voel jy kan skree!
Maar jy is magteloos!
As jy net daardie stouterd se nek in die hande kan kry!

En na nog ’n dag loop jy steeds en wonder oor die verlore ontknoping.
En jy begin self te dink oor die moontlikhede oor hoe hierdie verhaal kon eindig.
Heel kreatief begin jy jou eie ontknopingsverhaal verder in jou kop te skryf.
Jy begin selfs dink oor die skrywer se ander spanningsverhale. Hoe het hulle geëindig?
Dit mag vir jou ’n paar leidrade gee oor hoe hierdie verhaal sou kon eindig.

En uiteindelik raak hierdie teleurstelling van die verlore bladsye jou eie grootste kreatiewe avontuur.
Dit voel later of hierdie verhaal jou verhaal word.
En jy raak al meer betrokke by hierdie oop einde … Jy begin die oop einde vol skryf!
Jy raak so betrokke by die voltooiing van die oop einde dat dit deel word van jou lewe.
Jy skryf die oop einde vol in jou kop, maar ook in jou lewe.
Dit kom sit naderhand vas in jou houdings en motiewe en leefstyl.

En dit, presies dit!….. het met die Evangelie van Markus gebeur!   Markus 16 gee ‘n besondere perspektief hierop.

Vervolg more 9:00 in die erediens.
Jy is genooi!