As jy ook soms sukkel met die wil van die Here vir jou lewe – omdat ons nie geestelike GPS’e het nie- en as die derde bede in die “Ons Vader”-gebed oor die wil van God “ook op die aarde, net soos in die hemel”, vreemd klink, dan nooi ons jou uit na more se erediens om 9:00. (Uit Mat 6)

Net so ‘n paar praktiese suggesties wat intussen mag help:
1. Kry ‘n stil plekkie onder die boom of in jou binnekamer waar jy die “deur kan sluit”.
2. Lees jou Bybel met ‘n oop gemoed. Dit is die Woord van God.
3. Vertrou die Heilige Gees wat jou sal lei.
4. Maak tyd om in gebed op die Vader se skoot te sit.
5. Gebruik jou gesonde verstand.
6. Vra die raad van Christenvriende wat ook saam met jou kan bid.
7. Luister fyn na jou hart en die vrede wat die Gees sal gee as jy binne Sy wil is.