Prediker: Japie Marais

1. Inleiding

Ou Kersaand alleen in die kamer en worstel met ‘n klomp vrae en veral met die vraag na die sin van die lewe:

• Die dinge wat die afgelope jaar met my gebeur het. Sandra se oorlye. Wat is die sin daaragter.
• Die dinge wat by die kerk aan die gang is. Gaan dit werk gaan dit dinge verander.
• Die kinders se leefstyl. Hulle lewe heeltemal anders as wat ons geleef het. Hulle is deel van die millenium geslag. Kenmerke van hierdie millenium geslag is :
o Hulle is gebore tussen 1980 en 1995. Ook bekend as Generation Y
o Generation Me
o Digitaal baie aktief bv streaming en apple music.
o Minimalisties
o Avontuurlustig
o Bewus van al die sosiale issues
o Hulle is entrepeneurs
o Hulle is baie ingestel op dinge wat dadelik moet gebeur
o Pragmatistiese idealiste
o Progressif in hulle denke bv met die kerk.

Toe het ek besef dat ek vir antwoorde nie op my eie kennis moet steun nie, maar moet gaan luister na iemand wat baei beter kennis van die goed as ek het. En waar kry jy nuo ‘n beter voorbeeld as die Prediker. Lees hom heeltemal deur. Hy het soos ‘n storie gelees en ek kon nie wag vir die einde nie.

“Die Prediker het spesifiek sy onderrig geskoei op sy worsteling met die werklikhede van hierdie lewe. Die wyshede wat hy dus kwyt raak, neem die volle spektrum van die verganglikheid en eindigheid van hierdie lewe in ag. Hy gee nie maklike antwoorde op moeilike worstelvrae nie. En hy wys veral op die futiliteit om die lewe “onder die son” sonder God te probeer leef.
Die Prediker plaas homself dus meesal doelbewus in die skoene van iemand wat die lewe sonder God probeer leef, en wys duidelik op die futiliteit daarvan. Hy beskryf nie die posisie van ‘n atëis nie – hy bly baie bewus van God se bestaan – eerder dié van ‘n agnostikus, wat God van ‘n afstand af beleef as die onpeilbare, onkenbare, en onbeweeglike, en daarom nie met God probeer rekening hou nie … uiteindelik tot sy skade.
Die Prediker sluit aan by die diep soeke in ons na meer, na beter, na die buitengewone. Hy oorweeg ons soeke daarna in besit, plesier, mag, avontuur, wysheid, kennis, selfs dwaasheid. Hy neem waar dat ons meer wil hê, meer wil voel, meer wil doen, meer wil bereik … of juis nie bereik nie, as ons die dwaasheid ondersoek, of die werklikheid deur dwelms of drank of degradering ontvlug om ons eie werklikheid te skep.
Maar hy wys uit, in sy eie ervaring daarvan, dat die probleem met die soektog na meer, na die buitengewone, is dat dit uiteindelik vrugteloos is. Dit kom tot niks. Dit is hebel – niks, nietigheid, ’n rookwalmpie, ’n miswolkie, ’n wasempie (1:2 – die woord kom 37 keer voor in die boek!) – ’n metafoor vir die wese van die menslike toestand.
Die soeke na meer is wonderlik in die oomblik, maar die plesier daarvan hou nie. Dit bly relatief. Dit is nie absoluut nie. Ons klim die hoogste berg – en dan is dit verby. Ons bereik die hoogste sport – en dan is dit verby. Ons ervaar die hoogste plesier – en dan is dit verby. Ons beywer ons vir ’n miljoen, of twee, of drie – en daar is altyd nog ’n miljoen wat wag.
Hy weet, dit gee groot genoegdoening terwyl jy daarmee besig is, of vir ’n kortstondige oomblik as jy dit bereik het; maar hy weet ook, daar is altyd weer iets, nog ’n berg, nog ’n mylpaal, nog ’n ervaring. Die soeke na meer hou nooit op nie. En enige “plus” in die lewe, word gekanseleer deur die sekerheid van die dood.
Sommige van ons gooi natuurlik gou tou op in dié soeke, kom gou agter dat die soeke na meer nie bevredig nie, of dat die soeke te veel van ons vra. Ander hou verbete aan, “until by the time they die there is hardly enough humanity left to compose a corpse.” (Peterson). Tog vind ons daardie meer … nooit nie.
Die Prediker getuig dan, na hy self alles onder die son probeer het, selfs die dwaasheid, en waarsku ons almal dat dié soektog na meer na nêrens lei nie. In sy ervaring kom alles tot niks – alles! Die beste ervaring wat ons kan hê, die hoogste plesier, die beste avontuur, is en was vir hom soos die laaste rookwalm van ‘n doodgedrukte sigaret. “There’s nothing to anything—it’s all smoke.” (Peterson in The Message).
Maar … dit is nie al nie!
‘n Sleutelvers vir sy boodskap is 3:11 wat as volg vertaal kan word: “Hy (God) het alles mooi/goed gemaak op sy tyd. Hy het ook die ewigheid in hulle hart geplaas. Tog kan die mens nie God se werk van begin tot end uitvind/begryp nie.”
En nadat ek die boek Prediker gelees het, het ek verstaan wat die sin van die lewe volgens hom is : Die sin van die lewe lê in twee woorde :
Nou-moment
Verduidelik : Alles gaan oor nou. NIe more nie. Wat ek nou doen, maak saak.
• Nie wat in die verlede gebeur het nie. Daarom se hy in Prediker 1:11 : “Wat verby is word vergeet”
• Ook die toekoms is irrelevant. Daarom sê hy sewe en dertig keer in die boek. Alles kom tot niks. Dit is hebel – maar ‘n asempie.
Wat ek in hierdie oomblik – nou doen, is wat die lewe sin gee. Maar dan is daar baie duidelik voorwaardes wat hy aan die nou-moment stel. Drie van hulle,
1. Nou Is ‘n gawe van God.
Die sonige persoon glo dit nie. Hy glo dat alles wat nou is, kom hom toe. Hy het daarvoor gewerk en hy kan daarmee doen wat hy wil. Daarom wil hy al hoe meer en meer he en al hoe meer doen en niks van die goed bevredig hom nie. Hulle doen allerhande goed :
• Probeer wetenskaplike ontdekkings maak (1:10-11)
• Wysheid en filsofie (1:13-18
• Plesier (2:1)
• Alkohol (2:3)
• Argiteketuur (2:4)
• Eiendom (2:7-8)
• Luuksheid (2:19-20)
En van alles wat hulle doen, is hulle drang onversadig. Net meer en meer.
Maar met die gelowige is dit anders. Hy besef dat alles wat hy het, is ‘n gawe van God. Met ander woorde hy moet dit ook so sien en so geniet. HY beklemtoon dit ses keer in die gedeelte :
• 2:24 : Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit ‘n gawe uit die hand van God is
• 3:12-13:
.12 Ek het tot die insig gekom dat daar vir ‘n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet
13 Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ‘n gawe van God.
• 3:22: Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk; dit is wat hom toekom. Wie kan hom laat sien wat ná hom sal gebeur?
• 5:17-19: Ek het ook iets gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom ‘n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk. God gee aan ‘n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is ‘n gawe van God.. So ‘n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee.
• 8:15: Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is onder al sy geswoeg tydens die lewe wat God hom in hierdie wêreld gee.
• 9:7-9: Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met ‘n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie. Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, dié lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld
U kna dus sien. As ons alles wat op hierdie oomblik na ons toe kom as ‘n gwe van God sien, dan kan ons dit geniet. Nee, moet ons dit geniet.
Die Nou moment en alles wat nou op ons pad kom, is ‘n gawe van God. Geniet dit. Moenie terrug kyk nie. Moenie vorentoe kyk nie

2. Die Nou moment het grense

Maar die tweede ding wat belangrik is om te besef, is dat die nou-moment bepaalde grense het. Daarom se die Prediker in die laaste verse van die boek : Prediker 12:13 : “Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word.”

Die ongelowige mense stel geen grense nie. Hulle wil al hoe meer en meer van alles he. Meer bevrediging, meer geld, meer genot, meer ambisie, meer mag. Alles moet meer wees. En dan maak dit nie saak hoe hulle dit kry nie.

Preddiker 2:10 is ‘n goei opsomming van hierdie leefstyl : Alles wat ek begeer het, het ek my veroorloof; ek het my geen plesier ontsê nie. Alles waarmee ek my besig gehou het, het my plesier verskaf. Dit was my beloning vir al my inspanning. Dit is hoe die heiden leef. Daar is geen grense nie. As hy iets wil doen dan doen hy dit.

Maar dit is nie die boodskap van die Prediker nie. Hy is baie duidelik. As jy leef soos die heiden sonder grense dan werk dit nie. Daar moet grense wees. En God bepaal daardie grense. Daar dat hy in 12:13 gese het : Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. God se wet bepaal die grense waarbinne ons moet leef. En meer nog Jesus het in die Nuwe Testament vir ons duidelik gese dat die twee belangrikste grense is dat ons die Here ons God moet liefhe en ons naaste soos onsself.

Ons kan dus die dinge van die lewe geniet. Ons kan ons vrou geniet. Ons kan ons wyn geniet. Ons kan mag uitoefen oor mense onder ons. Ons kan wysheid bekom. Ons kan avontruurlustig wees. Maar alles binne die grense wat God daarvoor gestel het.

Die Nou-moment bestaan nie uit dat ons nou maar kan eet en drink want more sterf nie. Die nu-moment bestaan daarin dat ons nou alles wat God vir ons gee, kan geniet, maar binne die grense wat daar gestel word. Daar is dus ‘n groot verskil tussen die gelowige en die ongelowige wat langs mekaar by ‘n oujaars partytjie sit. Die ongelowige drink hom dronk, Die glowige nie. Daar is ‘n groot verskil tussen die huwelik van die gelowige en die ongelowige. Daar is ‘n groot verskil tussen die kerk van ongelowiges end die kerk van gelowiges.

God het grense gestel waarbinne ons die nou-moment moet beleef. En daardie grense is sy gebooie.

3. Die Nou moment het gevolge

Die derde ding wat die Prediker besef het, is dat die dinge wat ons in nie dou-moment doen, gevolge het. Meer as dertig keer se hy dat alles tot niks kom. Maar dit geld vir almal. Die verskil is net dat die gelowige se liggaam vergaan maar sy gees bly voort bestaan. HIerdie gevolge wat dit wat ons in die nou-moment doen, word die beste opgesom in Prediker 12:14 : “God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad”

Dit wat die ongelowige doen het geweldige gevolge, maar dit is belangrik dat ons moet besef :

• Hierdie gevolge word nie dadelik openbaar nie. In baie gevalle kom hulle lank daarmee weg en op ‘n dag tref die gevolge hulle. Prediker 3:17 : Ek het by myself gedink: God spreek reg oor regverdige en onregverdige; daar is ‘n tyd vir elke saak, ook vir wat in die regspraak gebeur.Prediker 8:11-14: Al doen die sondaar ook hoeveel kwaad en leef hy nogtans lank, ek weet: met die vromes wat vir God dien, sal dit goed gaan; Al doen die sondaar ook hoeveel kwaad en leef hy nogtans lank, ek weet: met die vromes wat vir God dien, sal dit goed gaan; met die goddelose wat nie vir God dien nie, sal dit nie goed gaan nie. Soos ‘n vlugtige skaduwee wat gou verdwyn, sal die goddelose nie lank lewe nie. ok hier lei wat op die aarde gebeur, tot niks: oor regverdiges kom wat goddeloses toekom, oor goddeloses kom wat regverdiges toekom. Ook hierin, sê ek, kom dit tot niks.

• Hierdie gevolge is ewig : Sien dit duidelik ui die laaste verse en die hele boodskap van die Nuwe Testament. Dis nie verniet dat die Prediker se alles kom tot niks nie.

Maar vir die gelowige is dit die moeite werd om te volhard in die goeie. God sal hom beloon. En wat hierdie beloning aanbetref is daar ‘n paar dinge wat ons moet besef:

• Hierdie beloning geskied nie altyd dadelik nie en partykeer voel dit vrugteloos: Prediker 2:15-16 : “Ek het by myself gedink: die lot van die dwaas sal my ook tref, wat help dit my dan dat ek soveel wysheid het? En ek het vir myself gesê: Ook dit kom tot niks Die wyse sal net so min as die dwaas altyd onthou word. In tye wat kom, word alles vergeet. Die wyse sterf net soos die dwaas!

• Maar hierdie beloning kom wel : Talle verse in hoofstukke 8:12 bv Prediker 8:5 : “Wie ‘n bevel gehoorsaam, beland nie in die moeilikheid nie. Wie wysheid het, weet wanneer en hoe hy moet handel.” Prediker 11:1 “Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug.” Prediker 9:1 : God regeer oor die wat reg doen en wysheid het “

4. Slot

Ek sluit af: Ek het tot die gevolgtrekking gekom oor die sin vand ie lewe.

• Die sin van die lewe soos Prediker dit stel is nie. Dien die Here nie. Dit is maar deel daarvan. Ons wil dit die hoofsaak maak en dan kom ons met al hierdie ander dinge soos Dien die Here soos ons voorvaders dit gedoen het. Die sin van die lewe is : Die Nou moment. Ons moet nou leef. God het vir ons nou gegee. Maar hierdie nou moment :
o Is ‘n gawe van God
o Het grense
o Het gevolge
• Die tweede gevolgtrekking waartoe ek gekom het, is : Jesus was ‘n millinier. Hy was veertig jaar oud en die fariseers was Baby boomers. Hulle wou ten alle koste dit wat was behou, maar wat het die Here hulle geleer, dat ons ons nie oor die dag van more moet bekommer nie, want more het bekommernis van sy eie. Hy het gesterf sodat ons ons ook nie oor die dag van gister moet bekommer nie, want Hy het vir ons sondes van gister gesterf.
• Die laaste gevolgtrekking waartoe ek gekom het, is dat ons moet leer uit die Millenium geslag. Hulle leer ons hoe om dinge nou te doen. Dat ons minimalisties moet dink. Dat ons die dinge van die dg moet aanspreek. Ons moet aktief wees. Ons moet avortuurlusit wees. Ons moet pro-aktief wees. Ook in ons dienste:
o Afsluit met twee voorbeelde : Carien se belwenis van ons erediens. My belewnis van die erediens in die Kaap.
o Strepies

Leef vir nou. Dit is die sin vand ie lewe. Nou is ‘n gwe van God. Nou het grense en nou het gevolge.

Amen.