Probeer te wete komDie land en die kerk brand die afgelope maand of twee…

“FeesMustFall” en die gay-debat kan maklik ‘n struikelblok wees.  Maar net dalk is dit ‘n wegwyser (oeps … padwyser is dalk ‘n beter woord).

Vers 17 in die teks Van Efesiërs 5 sê: “… probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen …”. Maar hoe doen ons dit sonder om van God bloot ons buikspreker te maak?

Daar was heelwat kruispaaie in die kerk se geskiedenis.  Ons sal altyd dink dat die huidige krisis die ergste een ooit is.  Maar in die vorige kruispaaie het mense ook gedink dis die heel ergste.  Kyk ons vandag na hulle “heel ergste” is dit nogal … lagwekkend vir ons!  Soos … predikante: lang hare of kort hare?  Baarde of nie baarde vir geestelikes?  Kelkie of beker?  Hoed of nie hoed nie?  Apartheid is Bybels/onbybels.  Ja, van hierdie voorbeelde klink selfs nou lagwekkend.

Dr Martin Luther King (ook nou nie juis ‘n polities-korrekte tyd om hom aan te haal nie …) het op 16 Augustus 1967 in ‘n lesing van “divine dissatisfaction” gepraat.

Ons “tevredenheid” met wat is, is soms onheilig.  En ons “ontevredenheid” is soms heilig; dit inspireer en vuur ons aan om teen “goddeloosheid” (vers 16) op te staan, en die beste gebruik van elke geleentheid te maak.

(Sinopsis van ds Bertie Haasbroek se preek verlede Sondagaand.)