Skriflesing: Mat 20:1-16 (Let op die ekonomiese ondertoon in die voorafgaande gesprekke)
Kinders is bedraad vir regverdigheid, miskien nog meer as grootmense.
Wie van ons ken nie die volgende taal in die huis nie:
“Dit is darem onregverdig! Hoekom kry hy ‘n groter stuk koek as ek, ma?
Waarom het sy ‘n duurder kersgeskenk gekry as ek?
Waarom kry hy nou meer sakgeld as ek net omdat hy ouer is?
Waarom kon hy op hierdie ouerdom al tienerpartytjies bywoon en ek nie?
Dit is nie fair nie!!!”
En ons Suid Afrikaanse regstaat, die Grondwet en arbeidswetgewing het ons uiters sensitief gemaak vir reg en verkeerd.
Vir regverdig en onregverdig. Vir billik en onbillik.
Die gelykenis van Jesus is oneindig interessant.
Maar dit is ook oneindig betekenisvol vir die manier waarop ons as kinders van God moet leef.
Die indiensneming en die werk is niks vreemds nie.
Die krisis kom by die betaalslag. (Dit gebeur dikwels so, nê!)
Ons simpatie lê dadelik by die werkers wat al van 7:00 die oggend af hard gewerk het in die bloedige son. Hulle kla nie oor die lang (10 uur) werksdag nie.
Eintlik kla hulle ook nie oor die hitte van die Midde-Oosterse son nie.
Hulle kla oor die onregverdigheid:
“Dit is nie regverdig dat die laaste huurlinge wat net een uur gewerk het dieselfde kry as ons wat 10 uur gewerk het nie!
Dit is ‘n saak vir die CCMA en die arbeidshof!”
Die eienaar se verdediging is belangrik:
Sy verdediging berus op drie argumente (hy en sy advokaat het dit uitgeklaar!):
- “Ons het ‘n kontrak: 10 uur se werk vir een Romeinse dinarius.
Toe ek jou daar by die markplein huur, het ons die kontrak gesluit.”
Vs 2: “Nadat hy met die arbeiders ooreengekom het om hulle die gewone dagloon te betaal, stuur hy hulle om in sy wingerd te gaan werk.”
Dit is amper soos die dagwerkers wat op Roselaan se middelmannetjie met die vinger in die lug vra vir dagwerk.
Die eienaar verduidelik vir hulle: “Ek het presies by die ooreenkoms gehou. Daar het jy jou dinarius in die hand. Dit is regverdig! Laat jy maar gaan!”
- “Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou.”Hier is die eerste keer dat ons iets van die hart van die gelykenis begin verstaan.Kyk, dit is duidelik: Die laatkommers verdien dit nie regtens nie.Ons gaan dit netnou ‘n naam gee.Miskien is dit die grootste behoefte in die wêreld: Dat mense vir ander sal goed wees. Alle mense wag vir ‘n stukkie goedheid om na hulle kant toe te kom.
Ons ken ook al Matteus-Evangelie se refrein dat mense vir Jesus baie kosbaar is.
Maar die eienaar het ‘n goeie hart en hy het die behoefte om hulle te bederf.
Die eienaar van die wingerd wil vir die ander mense goed wees.
- “Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?’. “Saak uitgegooi!”Watter naam gee ons aan hierdie “onregverdigheid”/”goedheid” van die eienaar?Ons praat van genade! Dit is dan ook een van die groot ontdekkings/herontdekkings van die Hervorming in die 16de eeu: Om gered te word uit genade alleen. Hulle was die verbondsvolk wat al vir jare lank hul offers met opoffering in die bloedige Palestynse son gebring het. Maar dan gee Jesus al sy vriendelikheid en sorg vir die sondaars, tollenaars en siekes! Die laastes kom dan nou eerste! (Sien die refrein van Mat 19:30 en 20:16) Nog later sou die eerste lesers van hierdie Matteus-evangelie daar in Antiogië moes begin om die evangelie te bring, nie net vir die Joodse mense (die “wingerd van God”, sien Jes 5) nie, maar ook vir die heidene. God reik met sy goedheid na ons uit – met ‘n hand vol onverdiende goedheid.Ons hele lewe, elke asemteug, elke kalorie energie, elke greintjie geloof, elke stukkie hoop vir môre, elke snytjie brood, elke vriendelike glimlag … Kan ons dit noem onregverdige genade? sou dit nogal ‘n helse ervaring van oomblik tot oomblik gewees het.Gelukkig het God ‘n goeie hart! Kom drink en skep! Ons gaan daardie oseaan nooit leeggeskep kry nie! min moet verwag nie.So roep die Here ons om uit sy genade te leef. Sonder dat ons dit verdien!En tog kom suggereer hierde gedeelte vir ons dat ons tog hierdie genade ook moet gaan uitleef. Hoe leef jy met God se hart? Die dinarius-muntstukkie wat die dagloner sou kry vir sy dag se werk, was net genoeg om vir hom en sy gesinnetjie kos te koop vir die dag.En as niemand hom vir die dag sou huur nie, dan sou hy geen kos vir hom en sy gesinnetjie daardie aand by die huis indra nie.Dit is so desperaat dit langs Roselaan raak as jy al die 100ste keer die aandag van ‘n moontlike werkgewer probeer trek en al die motors bly ry net verby.Dit gaan dus daaroor in die gelykenis dat hierdie eienaar genade wou bewys aan dié mens wat met sy twee snytjies brood by die huis sou moes aankom terwyl daar 5 mondjies is wat wag vir vir ‘n stukkie brood. En dan verstaan ons dat hierdie teks ons ook oproep om genade uit te leef.Dan raak dit al belangriker vir ‘n gemeente om genade te betoon:
Dit is so desperaat dit daar op die markplein sou raak. As hy nou net vir 5 uur sou werk, dan sou hy net ‘n halwe broodjie kon huis toe neem.
Dit help as ons die konteks van die dagloners in Palestina verstaan. Hoe leef jy genade uit? Hoe raak dit ons lewe?
Die laaste verse van Mat 19 het vertel van die hemelse oorvloed waarvan ons nie te
Gelukkig het God ‘n hele oseaan vol goedheid om ons mee te bederf.
Ja, want as ons net moes ontvang wat ons regtens/regverdiglik verdien, is onverdiende genade.
En God se genade is nie net ‘n hand van redding nie.
Ons is deel van hierdie laatkommers.
Hulle sou die “laatkommers” wees wat die evangelie en sy seën ontvang sonder dat hulle vir jare lank godsdienstig probeer leef het En hulle voel bietjie onvergenoegd daaroor!
Hulle voel dat hulle nou regtig bietjie billike beloning verdien.
Eintlik is ons as kerkmense maar net soos die Fariseërs en Joodse luisteraars rondom Jesus.
Jy kry redding ten spyte daarvan dat jy dit nie verdien nie.
Genade is om iets te kry wat jy nie verdien nie.
Maar genade is eintlik per definisie onregverdig/onbillik.
Hy het ‘n vrymag om met sy geld te maak wat hy wil. Hy kan maar dinarii as geskenke uitdeel. Of waarom nie?
- Vir die boemelaars ‘n bord kos voor te sit,
- Om vir die honger kinders by Böhmerskool sop en brood te gee
- Om ‘n blindeskooltjie in Vila Ulongue te ondersteun
- Om by ‘n Yade-huis, ‘n Choc-huis, ‘n kinderhuis, ‘n Lesotho kleuterskooltjie onverdiende genade in te dra.
- Om die genade-boodskap te dra na Slowakye, die Midde-Ooste, Boesmans, ens, ens.
Maar daardie genade moet ook uitgeleef word in ons persoonlike lewens:
- Hoeveel genade-geleentheid is daar waar jy jou man/vrou kan gaan bedien – met liefde.
- Jou kinders het baie genade nodig. En onthou: ons oupas en oumas sal gereeld sê: Ek wens ek was minder kwaai met my kinders toe hulle klein was.
- Die persoon wat jou so irriteer by jou werk het genade en geduld van jou nodig.
- Die persoon wat jou so pynlik te na gekom het, moet ontdek daar is genade-vergifnis van jou kant af.
- Jy het miskien die slagoffer van geweld of misdaad geword: op een of ander manier moet God vir jou genoeg genade gee om onregverdige genade ook vir die aggressor te gee.
- En wanneer jy jou Tiendemaand-oorbetalinkie doen, dan skryf jy in die verwysingskolom “onregverdige genade”. Want jy het dit nie uit eie krag verdien nie en jy wil hê dit moet in diens staan van hierdie bediening van “onregverdige genade”.
- En wanneer die motorwag by die winkel nader staan – al het hy nie een keer na jou motor gekyk nie, dan mag jy maar vir hom goed wees en ‘n geldjie in sy hand plaas.En tog ….. word ons betoon van genade nie ‘n verdienste of ‘n goeie werk nie. is dit wat ons Here Jesus gedoen het. Jy gaan jou eie regverdige verdienste nie reg kan bereken nie. Want dan raak jy ‘n makelaar wat met genade begin smous.Laat die Heilige Gees toe om jou te help om ook die desperaatheid rondom jou raak te sien. Dan leef jy die genade ook uit. Dan is jy makelaar van die Eienaar!
- Dan leef jy nie net uit genade nie.
- Laat Hom toe om met vindingrykheid onregverdige genade uit te deel.
- Verder moet jy leer om met die Eienaar se genade te identifiseer.
- Al wat jy hoef te verstaan is dat genade, en ook die genade wat jy so oorvloedig ontvang, onregverdige genade is.
- En dit wat jy gaan ontvang as “beloning” kan nie met sakrekanaars bereken word nie.
- Laat jou sakrekenaar by die huis as jy dissipel van Jesus wil wees wat in Sy wingerd werk.
Ek sluit af:
Die enigste verdienste en “goeie werk” wat regtig tel,
Die enigste verdienste en “goeie werk” wat regtig tel,
is dit wat ons Here Jesus gedoen het.
Ek sluit af:
Laat jou sakrekenaar by die huis as jy dissipel van Jesus wil wees wat in Sy wingerd werk.
Jy gaan jou eie regverdige verdienste nie reg kan bereken nie.
En dit wat jy gaan ontvang as “beloning” kan nie met sakrekanaars bereken word nie.
Al wat jy hoef te verstaan is dat genade, en ook die genade wat jy so oorvloedig ontvang, onregverdige genade is.
Verder moet jy leer om met die Eienaar se genade te identifiseer.
Want dan raak jy ‘n makelaar wat met genade begin smous.
Laat die Heilige Gees toe om jou te help om ook die desperaatheid rondom jou raak te sien.
Laat Hom toe om met vindingrykheid onregverdige genade uit te deel.
Dan leef jy nie net uit genade nie.
Dan leef jy die genade ook uit.
Dan is jy makelaar van die Eienaar!
Amen
Prediker: Ds Retief Botha. Vir enige reaksie, e-pos gerus na rrbotha@hotmail.com.