In die sestigerjare was die menseregtestryd in die VSA baie heftig aan die gang.
Een van die bekendste burgerregteleiers was die bekende dr Martin Luther King (jr), ’n swart predikant. (Let op sy gereformeerde name!)despair-and-hope
Op 28 Aug 1963 het hy in Washington ’n baie bekende toespraak gehou voor ’n skare van 250 000 mense. Vreedsame betogers.
In hierdie toespraak het hy passievol vertel van sy droom dat daar ’n dag sal aanbreek dat dat mense in alle lande eendag gelyke regte sal hê.
Dit was ’n toespraak van hoop. Hy het dit sy droom genoem.
In die toespraak het hy telkens die woorde gebruik: “I have a dream…” Dit het ook die titel van die toespraak geword.
(Daar is ’n oudio en woordelikse weergawe daarvan op die webwerf.)
 
Hy sê onder andere:
I have a dream that one day on the red hills of Georgia, the sons of former slaves and the sons of former slave owners will be able to sit down together at the table of brotherhood.
I have a dream that one day …. the heat of injustice, sweltering with the heat of oppression, will be transformed into an oasis of freedom and justice.
 
I have a dream that my four little children will one day live in a nation where they will not be judged by the color of their skin but by the content of their character.
I have a dream today!
 
Dit is hoop!
Dit is die desperate taal van uitsien na ‘n nuwe en beter toekoms.
Ironies het Martin Luther King nie veel van die hoop bewaarheid gesien nie, want hy is kort daarna in ‘n sluipmoordaanval doodgeskiet.
 
Maar miskien sou dit hom tog troos om te weet dat daar iemand soos ‘n Barack Obama later president van daardie land sou wees. (En ek wonder wat hy sou dink van die nuwe president wat op 9 Nov verkies is!)
 
Martin Luther King het met hoop geleef. Hy het ‘n nuwe toekoms gesien. ‘n Mooi toekoms!
En bietjie daarvan is vandag al bewaarheid, maar nog nie alles nie.
 
Wat vir my besonders is, is die gedenkteken van Martin Luther King in die sentrale park in Washington.
 
Kyk na die simboliek van die monument
Daar is ‘n rotsmuur van skeiding. Dit simboliseer seker die rassisme-skeiding tussen mense. Of enige ander faktor wat mense kan skei.
 
Maar dan is daar tog ‘n pad wat oopgesny is deur hierdie skeidingsmuur. Dit waaroor Martin Luther King gedroom het.
 
Op die rotsdeel staan: “Out of the mountain of despair, a stone of hope.”  (King se afbeelding is op die een sy van die rotsdeel aangebring.) 
 
Die rassisme-skeiding het wanhoop (despair) en baie trauma gebring.
En tog het Martin Luther King bly glo dat daar eendag ‘n deurbraak kan kom. En hy self was deel daarvan. Hy was ‘n agent wat hom daarvoor beywer het.
 
En nou hoop ek dat daar eendag na jou dood ook sulke monumente sal staan van met jou afbeelding daarop. Dat jy die mens was wat instrumenteel was daartoe dat daar op een of ander terrein hoop gebring is.
 
En dit is waaroor Jesaja 55 praat. Waaroor ons Sondagaand verder preek:
“‘n Nuwe hoop-weg uit doodloopstrate.”