Die huidige generasie jongmense, raai ek, stel nie juis belang in politiek en die dinge wat die regering aanvang nie.  I-pads en selfone is baie meer interessant.  Trouens, ek weet nie eers wie van julle kyk die nuus of lees iets anders as die Sportblad in die koerant nie.  Wat baie  jongmense van die politiek en regering weet, is miskien die hoofopskrifte langs die pad oppad klas toe.  Maar tog word ons almal direk of indirek geraak deur dit wat in grand konferensiesale besluit word.  Wie word die volgende president, wie word die rektor van die Universiteit, wie en hoeveel gaan toegelaat word tot ‘n studierigting?  Wie kry werk of speel op meriete en wie word ter wille van ’n velkleur ingeskuif of dalk uitgeskuif?  Jy sien, dit is natuurlik alles die goed waaroor jy ook maar bekommerd is, want jy is deel van ’n land waar jy moet leef en leer en oorleef.     

Kom ek wees vanaand blatant eerlik.  Mense is moeg vir die regering, veral hier in ons eie kringe.  Ons is moeg vir die geweld, moeg vir die korrupsie, ons is moeg daarvoor dat hulle hulle dik eet, ons is moeg daarvoor dat die armes nie goed versorg word nie, ons is moeg vir stukkende paaie en swak dienslewering, sukkelende hospitale.  Moeg is eintlik ’n understatement.

En dan kom maak Paulus dit nie juis vir ons makliker in Romeine 13 nie.  Vers 1: “Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is.  Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God.”

Toe ek dit gelees het het ek gedink: Wel, die owerheid wat ons vandag gekry het, was dan nie so goeie aanstelling uit die hemel nie!   Iewers het die CV’s daar in die hemel lelik deurmekaar geraak toe hier ’n aanstelling moes kom!  Die vraag natuurlik daarmee saam is, was daar al ooit ’n regering wat net goed was?  Wat net reg gedoen het en na alle mense ewe veel omgesien het?  En gooi daarmee saam die omstandighede waarbinne Paulus Romeine skryf.  Jy sien, die Romeinse owerheid was ook nie ’n katjie wat jy sonder handskoene kon pak nie.  Trouens, Paulus is in Handeling 16 baie onaardig behandel deur die einste owerheid.  Vers 22: “Die stadsbestuur het toe hulle klere van hulle laat afskeur en beveel dat hulle lyfstraf moet kry.  Nadat hulle baie geslaan is, is hulle in die tronk gegooi, en die bewaarder het opdrag gekry om hulle streng te bewaak.  Op hierdie bevel het hy hulle in die binneste sel opgesluit en hulle voete in die houtblok vasgeklem.”  Dis maar een van vele ander geleenthede waar hulle hom half doodgeslaan het en in ’n tronk gestop het.  So as ons moan oor die regering se skelmstreke en swak dienste, dan het Pau

lus sekerlik meer en ernstiger goed gehad om oor te kla.

So ouens, wat ek wil sê is: dit is nie ‘n 2012 verskynsel nie.  Daar was nog altyd swak regerings, swak leierskap, swaarkry onder die owerhede.  En tog het Paulus ’n merkwaardige positiewe ingesteldheid teenoor die owerheid te midde van selfs fisiese swaarkry.  Op ’n manier bly hy steeds positief al het hy ook geweeet dat dit ’n Romeinse goewerneur was wat Jesus ter dood veroordeel het en homself laat slaan en in die tronk gestop het.  En ek het gewonder, maar hoe kry hy dit reg?  En hoekom sukkel ek so om positief te bly?  Hoe kan ek dit regkry om beter te voel of miskien anders te dink as om hulle net die hele tyd te loop te verwens.

En ek dink daar is 3 beginsels wat vir my uitstaan in hierdie gedeelte.  En miskien help dit jou ook as ’n burger van die hemelse koninkryk, wat tog ook as burger van hierdie koninkryk moet leef.

  1. 1.       God vra gehoorsaamheid op alle tereine. 

Die Here het gesag op aarde gesit.  Jy sien, God het reg deur die geskiedenis van sy volk, selfs in die Ou Testament, regeerders aangestel oor mense.  Want daar waar mense saam woon en saam werk en saam lewe, moet daar bepaalde reëls en wette wees sodat hierdie mense op ’n manier vreedsaam kan lewe.  En dit is onderliggend aan Paulus se argument dat die owerhede op gesag van God daar is.  Hy sê nie dat die owerhede altyd goed is of goed regeer nie.  Ons ko

m netnou by wat gebeur as owerhede sleg is.  Wat Paulus sê is dat die Here meganismes op aarde gesit het om Hom te help dat mense vreedsaam regkom met mekaar.  ’n Regering is afgeleide gesag van God!

By troues gebruik ek baie keer hierdie voorbeeld.  Ek sê vir paartjies dat wanneer hulle trou, gee die Here vir jou iemand om jou te versorg, jou te beskerm, jou bekommernisse te help dra.  Maar in wese gee die Here vir jou iemand om Hom te help met die versorging.  Om eintlik ook namens Hom te help lief wees en ondersteun.  En net so is die regering daar om namens God te versorg en te beskerm en te beheer.

Dink net wat


2.     
Gehoorsaamheid het ’n volgordesou gebeur het as daar geen regering was nie.  Geen wette, geen reëls, geen strafstelsel.  Ek belowe jou dit sou ’n bietjie erger gewees het!  So ouens, die Here wil hê daar moet gehoorsaamheid en orde wees.  En Hy gebruik regerings en owerhede om dit namens Hom uit te voer en toe te pas.  Dit is die bottom line.  MAAR

Paulus skryf hierdie brief aan die begin van keiser Nero se regering.  Hierdie eerste paar jaar is gekenmerk deur billike regering en mense het die regering eintlik baie positief beleef.  As Paulus Romeine ’n paar jaar later geskryf het, sou hy sy woorde waarskynlik ’n bietjie anders gekies het, want toe het dinge vir die Christene lelik begin raak.  Wat veral met die Christen martelare begin gebeur het is dat die Romeinse owerheid hulle beveel het om ’n paar korreltjies wierook vir die keiser op die altaar te gaan offer.  En hulle het bloot geweier om dit te doen, want hulle het gesê hulle dien nie die keiser en die Here nie.  En daarvoor is hulle gemartel en selfs doodgemaak oor hierdie keuse teen ’n paar
En weet jy, ons grootste probleem is nie die owerheid nie, maar ons eie volgorde.  Want dink gou mooi: as jy voor ’n keuse geplaas moes word; ’n paar korreltjies wierook wat niemand miskien eers sal raaksien nie, of lyfstraf en self die dood ter wille van gehoorsaamheid aan God, wat sou jy kies?  Ons is nou onlangs daarmee gekonfronteer toe ons Mosambiek toe is met ’n uitreik.  Maklik deur die grens met omkoop geld of sukkel ter wille van gehoorsaamheid.  Jy sien, so word ons eintlik daagliks gekonfronteer met hierdie vraag: Hoe lyk my volgorde?  Eers God, dan die keiser?  Of draai ons dit nie maklik maar om ter wille van ons eie gemak en voordeel nie.  En dit bring my by die 3de punt, oor die gewete.    korreltjies wierook!  Met ander woorde, ons gehoorsaamheid het ’n bepaalde volgorde!  Petrus praat daarvan in 1 Petrus 2:17: “Vrees God.  Eer die keiser.”  Met ander woorde: eers God, dan die keiser.  Dit is die volgorde van ons gehoorsaamheid.  God altyd eerste!  En daarom volg Christene regerings nie net slaafs na nie.  Ons verantwoordelikheid is eerstens teenoor God!  En dit laat ons altyd met bepaalde keuses.

  1. 3.      ’n Regering sonder ’n gewete. 

Vers 5 sê: “Daarom moet jy jou onderwerp, nie net omdat jy vir straf bang is nie, maar ook omdat dit ’n gewetensaak is.”  Met ander woorde, jy is nie net gehoorsaam omdat jy deur ’n regering of ’n wet daartoe verplig word nie, as kind van die Here Jesus is jy gehoorsaam omdat jy primêr vir Hom lewe!  Jou volgorde is reg!  Jy doen dit vir God!  Omdat jou prioriteite reg is, omdat jy Hom eer en eerste stel, omdat jy prinsipieel aan Hom verantwoordelik is.

Daarom sê Paulus is dit ’n gewetensaak.  Gehoorsaamheid is nie net iets wat deur ’n regering en deur ’n wet gebring kan word nie.  Ja, hulle moet dit reguleer en toepas, maar in wese is gehoorsaamheid ’n saak in jou binneste tussen jou en die Here.  Ouens, mense met ’n wet, maar sonder ’n Christelike gewete stop net by ’n stopstraat as hulle die speedcop daar sien sit.  Mense met ’n Christelike gewete het nie beamptes nodig om gehoorsaam te wees nie, hulle doen dit omdat die Here van hulle gehoorsaamheid verwag!  Eers God dan die keiser!  Jy stop al is die beampte nie op diens nie, want jou gewete is op diens!  Want wanneer jy dit doen, erken jy die gesag van die Here in en oor jou lewe.

Ouens, daar is baie Christene in ons eie landjie wie se gewetens nie op diens is nie.  En ons kan lekker agteroor sit en kla en baie vingers wys, maar Christene in hierdie land behoort die mense te wees wat sonder die toesig van ’n regering en wette gehoorsaam behoort te wees, omdat ons aan God verantwoordelik is.  En ek dink ons is besig om ons roeping in hierdie landjie as Christene te versaak.  Ons sit maklik agteroor en kla oor ’n gewetenslose regering, maar ons gewetens is ook maar lekker van diens af.  Ons offer die paar korreltjies wierook selfs sonder om tweekeer meer te dink.  Ons steek geld weg in ID boekies, gooi verkeerskaartjies weg, dit nadat ons oortree het en verkeerd was.  Ons vul belastings verkeerd in en so kan jy die lysie self gaan aanvul.  Ons gewetens word daagliks gekonfronteer met hierdie keuse voor die altaar: God, of ’n paar korreltjies?

Miskien het jy nie vanaand gehoor wat jy graag sou wou hoor nie.  Die tema klink so reg: ’n Regering sonder ’n gewete, maar dit het ’n ander invalshoek.  Die Here het jou aangestel om te heers, om te regeer.  Ja, dalk nie oor ’n land nie, maar oor jou koshuis, binne jou vriendekring, die deeltjie waar Hy jou gesit het om vir Hom te lewe.  En dan bly die vraag staan: is jou regering nie dalk ook sonder ’n gewete nie?

En so aan die einde van ’n week se worstel met Paulus en hoe hy dit regkry om positief te wees en vreugde te ervaar ten spyte van ’n swak regering, kom die antwoord toe vir my eenvoudig: in my gehoorsaamheid aan God in die groot en die klein dinge, in die elke dag se keuses vir God, vind ek groot vreugde.  Want ek doen dit vir God, nie vir mense nie.  En op die ou einde kom die regering nie van buite nie, dit kom van Bo en van binne.  Amen

Gebed: Bid vir die regering: 1 Tim 2:1 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”