Japie Marais

Skriflesing: Fillipense 4
Tema: Ritme van vrede

4  Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
5  Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.
6  Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
7  En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
8  Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.
9  En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

 

Inleiding

Die laaste twee weke se preke het gehandel oor:

En dit is so ‘n belangrike tema want Sagaria het in Lukas 1 :79 by Jesus se krippie gestaan en gese dat Jesus ons voetstappe wil rig op ‘n pad van vrede. Met ander woorde Hy het gekom om ons ‘n ritme van vrede te gee.

Om dit te kan verstaan, is daar drie dinge wat ons moet begryp:

 

1.    Wat is die vrede waarvan Sagarias en Paulus praat?

Met ander woorde as ‘n definisie van vrede kan gee dan is dit: ‘n Kop wat nie lawaaistemmetjies het nie, maar net aan mooi goed dink.

Dit is wat die Bybelse vrede is.

 

2.    Hoe kry ons deel aan daardie vrede

Dit is baie interessant dat in die gedeelte wat ons gelees het. Is daar net twee werkwoorde. Die een is in vers 6: moenie besorg wees nie (angstig – direkte vertaling). Die ander is in vers 8: … daarop moet julle julle gedagtes rig.Hierdie twee werkwoorde gee dadelik vir ons ‘n idee van wat ons moet doen om die vrede te kry. Die eerste een dui op skoonmaak van alle stemmetjies in jou kop – skoonmaaktyd en die tweede is om jou gedagtes met mooi dinge te vul – mooimaaktyd. Kom ons kyk dan nou na die twee stappe om vrede te bekom.

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend” Direkte vertaling : Moenie angstig wees nie. Met ander woorde:

En die wonderlike van die gedeelte is dat as ons alles wat negatief in ons kop uitgegooi het en ‘n filter ingesit het, dan gaan staan die Here self voor ons gedagtes en sorg dat die negatiewe nie terugkom nie. Luister na vers 7 : “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Daardie woordjie waghou is ‘n militere term wat beteken dat soos ‘n tronkwag voor ‘n deur staan en sorg dat niemand ingaan nie so sal die Here voor ons gedagtes staan en sorg dat geen goggas in ons kop terugkom nie.

Die eerste stap om innerlike vrede te kry is, om ontslae te raak van alles wat onvrede bring en n filter in te sit om dit uit te blok.

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig

Die tweede stappie is nou mooimaaktyd. Dit is hoekom Paulus met die woordjie loipon – dit is in Afrikaans verder, begin.  En dit word die mooiste deur die teksie opgesom. En al hierdie woorde wat Paulus hier gebruik het, kom in die Ou Testament voor. En dit is ook alle morele deugde wat volgens die Roemeine ‘n ideale mens spel. En hierdie deugde waarmee jy dan die kop gaan volmaak, is ‘n voortgesette aksie van om vrede te kry. Met ander woorde, nou dat ons van al die goggas in ons kop ontslae geraak het, moet ons ons gedagtes met mooi dinge volmaak. En daardie woordje daarop moet julle julle gedagtes rig is meer as net dink. Dit kan die beste opgesom word deur die woorde : Dit moet ‘n lewensritme wees. Moffat se : Keep In mind. En dit gaan nie net hier oor deugde wat vir jouself waarde het nie. Dit gaan oor deugde wat jou gedrag beinvloed. Dit wat jy doen. Dus hoewel dit in jou kop is, is dit net daar om oor te spoel na jou lewe toe. Ons wil net een of twee uitlig:

U sien dus dat mooimaaktyd is om jou gedagtes so in te rig dat dit vir jou, jou naaste en vir God ‘n plesier is om dit te beleef.  So maak ons onsself mooi vir die wêreld. Ons moet ons kop volmaak van mooi goed. As iemand ooit vir jou vra waaraan jy dink, moet dit iets moois wees, anders dop jy die stap. En dit is so maklik. Luister eerder na gospel as sekulêre musiek. Lees eerder geestelike boeke as rillers. Kyk eerder gesinsflieks as PG16 flieks. Sit eerder in die aand buite en kyk hoe die maan en sterre opkom as om nuus te kyk. Gaan eerder na ‘n goeie restaurant as ‘n kroeg toe. Keuses wat jy maak, maak of jy jou kop met mooi goed of lelike goed vul.

Die gevolg van skoonmaaktyd en mooimaaktyd word mooi in verse 7 en 9 genoem.

Vers 7 : En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Vers 9 : En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

Duideliker kan ek dit nie stel nie. Die gevolg is vrede. ‘n Koppie wat nie raas nie. ‘n Koppie wat die mooie kan geniet sonder om die lelike te sien.  Maar dit is nie al nie. Daar is ook ‘n ander gevolg wat ons met ‘n volgende geleentheid sal bespreek maar net hier wil noem.

Vers 5 : Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!  Met vrede in jou gedagtes sal jy altyd kan bly wees want daar is niks wat jou aandag aflei nie.

 

Slot

Ek wil afsluit met ‘n paar getuienisse wat die vrede is en in ons harte illustreer:

Andre Oosthuizen : Dit is nie oorlog nie. Dit is ‘n vrede wat in ons hart en siel leef.

Zilke : Belangrik vir vrede is dat ons ‘n filter moet insit wat lelike uitblok.

Elza : SMS wat sy vir my gestuur het. Die een ou het met koffie in sy hand geloop. Iemand het hom gestamp en hy het koffie gemors. Vraag was: Hoekom het hy koffie gemors? Mense sal antwoord: Want iemand het hom gestamp. Of hy het nie die koppie styf genoeg vas gehou nie, maar antwoord is: Want daar was koffie en nie tee in sy koppie nie. Net so kry ons daagliks stampe en stote en dit wat in ons hart is sal navore kom. As dit lelik is, sal ons lelik reageer. As daar mooi in ons hart is sal ons met lelike reageer.

Hier is ‘n paar persoonlike getuienisse van myself. Ek glo en het die Here lief maar na die preke van Retief oor ‘n nuwe mens en dit wonderwerke van die 72. En die preke van Andre oor ritme van dankbaarheid en rus het ek besef ek het nie vrede in my hart nie. Na my vroue se afsterwe en die ongeluk waar ‘n kar my van my fiets gery het het ek afgestomp geraak. In een week moes drie dinge gebeur (skoonmaaktyd) voordat ek weer ‘n gemoed van vrede kon hê:

Allereers was my musiekkamer in chaos. Vir langer as ‘n jaar het ek geen cds wat ek geluister het, teruggesit op hulle plekke nie. En as jy 13500 cds het, kan dit nogal tot chaos lei. Ek moet skoonmaak en die cds terugpak. Daar was oor die 500 cds wat rondgele het. Eerste skoonmaaktaak.

Dan was daar my oorlede vrou se studeerkamer. Nadat sy oorlede is, het ek al haar goed in bokse daar gesit (oor die 30 bokse) en vir langer as ‘n jaar nie daardie deur oopgemaak nie. Daardie selfde week het ek die studeerkamer oopgemaak en skoongemaak. Wat ‘n gevoel van vrede het my nie oorspoel nie. Iemand anders kon nou die plek gebruik as werkskamer en so ‘n stowwerige spokerige plek omskep in iets moois.

Maar dit was nie laaste nie. Daar was nog een plek wat skoongemaak word. Soos Andre gepreek het, het ek my rustigheid in die aande gevind in op die stoep sit en rustig wees. Probleem was, die tuin is verwaarloos (hoewel ek ‘n tuinjong het) en die gras het heeltemaal doodgegaan – ten spyte van die feit dat ek’n boorgat het. Waar ek elke aand vir die tuin gekyk het, het ek geskuif na die agterdeur en vir my kar gekyk. Tuin het my te onrustig gemaak. En toe die besluit om die tuin skoon te maak en mooi te maak. ‘n Grasman (Lawnpro – Gerhard) het vir my ‘n kwotasie kom gee om die gras oor te plant. Dit was in die middel van die hittegolf. Almal het my afgeraai. Maar volgens Andre se preek oor die melaatses moes ons eers die pad stap na die priester toe voordat die wonderwerk kom. En volgens sy preek oor die ritme van rus moet ons dit nie op ‘n ander plek gaan soek as waar ons is nie. En volgens hierdie preek oor die ritme van vrede bestaan dit uit skoonmaaktyd en mooimaaktyd. Gerhard het kom plant. Meer as 300 vierkante meter. Die gevolg is dat ek my kant elke aand moet bering en meer as vier ure moet gras natmaak. Die reen / wonderwerk sal kom. Maar die grootste wonderwerk het al gekom. Ek kan in vrede in my hart in die aand rus en na groen gras kyk.

Met hierdie drie groot take van skoonmaak en mooimaak het ek agter gekom, die Here het vir my vrede in my hele lewe gegee. Nie meer goggas, nie meer stemmetjies, nie meer ‘n geruis in my kop nie. Net vrede. En dit sal so bly want God het belowe: Hy sal oor my gedagtes waghou. En hy doen dit. Ek moes net eers my kant bring. Vrede en ‘n rustige gemoed is baie vinniger haalbaar as wat u dink. Maak net u gedagtes skoon en vul hulle met mooigoed en God sal sorg dat jy ‘n ritme van vrede het.

 

Amen

Luister na Lauren Daigle se liedjie You say op YouTube en dit sal vir u bevestig wat ek en die Woord sê. Vrede.