‘n Triomftog is nie iets vreemds nie. As ‘n keieser destyds triomferend van die slagveld af teruggekeer het, dan het dit gepaard gegaan met ‘n vrolike prosessie. Uitbundig! Jubelend!

Ons leër het oorwin! Ons leef! Julle kan ook leef! (want die vyand kom verwoes en vermoor nie alles en almal in die stad nie.)

Ons ken dit ook. Veral gekoppel aan sportoorwinnings. ‘n Triomfantelike skare wag die span in op die lughawe. Hulle klim, soos die wêreldbeker-rugby-kampioene op ‘n oopdekbus en triomfeer deur die hoofstrate.

Met Jesus se intog in Jerusalem kry ons presies dit!

Die opwinding loop hoog. Daar is vrolike atmosfeer van afwagting.

Daar het groot goed gebeur. En almal verwag dat daar nog groter goed gaan gebeur.

Maar die Romeinse veiligheidspolisie hou die gebeure fyn dop.

En die Joodse Raad het hul spioene om te kyk of die optog nie gaan handuitruk nie.

En die skare toi-toi en sing.

Wat het die verwagting so opgejaag?

Natuurlik was dit die jaarlikse Paasfees. Dit het klaar ‘n klomp opwinding veroorsaak.

Maar as ons in die beskrywing van Markus (en Mat en Lukas) gaan soek, dan lees ons nie van ‘n spesifieke aanleidende voorval nie. Die naaste wat ons daaraan kom, was die verhale van die vermeerdering van die brood en dan genesings van siek mense.

Maar daarmee was Hy die heeltyd besig.

Johannes-Evangelie koppel die opwinding egter sterk aan die opwekking van Lasarus uit die dood. Kyk, dit is iets nuuts! Hierdie Jesus is iemand met mag! Selfs oor die dood. Daarom sal ook die Romeinse soldate met hul onderdrukking van die Jode nie kan standhou nie. Ons kan solank begin triomftog hou oor die aankoms van ons nuwe Koning!!

E n so vind die triomftog plaas.

Op ‘n donkie, want Sagaria 9:9 se voorspelling van die koms van die Messias moet bewaarheid word.

Maar terselfdertyd is dit ‘n donkie en nie ‘n vurige oorlogsperd van ‘n oorwinnende veggeneraal nie. Maar die skare sien nie die subtiele simboliek raak nie.

 

En dan val die lied op wat gesing word:

“Hosanna vir die Seun van Dawid!”

“Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!

Geseënd is ons voorvader Dawid se koninkryk wat aan die kom is!

Prys Hom in die hoogste hemel!”

Die Hosanna het ‘n interessante betekenis.

Oorspronklik was dit in Hebreeus ‘n uitdrukking met die betekenis: “Red ons!”

Maar mettertyd het dit ‘n vreugderoep en ‘n verering geword.

Daarom die vertaling “Prys Hom!”

Maar nou…

5 dae later het hierdie Hosanna stil geword in Jerusalem!

Trouens dit is vervang met ‘n wraakroep: “Kruisig hom! Kruisig hom!”

 

Hoe is so iets moontlik?

Dit is iets anders as die Proteas wat een oomblik nog dink hulle kan die wêreldbeker wen en een boulbeurt later dan sit hulle op die kolfblad en huil krokodiltrane.

Hier het iets meer gebeur as net ‘n sportkompetisie wat toe nie gewen is nie.

Wat het gebeur?

Om hierop ‘n antwoord te vind, is nie so eenvoudig nie.

Daarvoor moet jy gaan rondsnuffel in die vertelling van Markus oor wat verder daardie week gebeur het.

En as ons daar enige antwoorde kry, dan is dit nie net vir ons van historiese belang nie.

Dit is vir ons ook van groot geestelike belang vandag.

Want dit kan mos ook gebeur dat ons vandag as kerk van die Here Jesus hier ‘n Hosanna met entoesiasme sing, en dan ons “song” verloor.

Op een of ander manier het die Jesus-verhaal dus nie beantwoord aan die Jode se verwagtinge nie.

Op een of ander manier het dit duidelik geword dat Jesus se hart anders klop as die populêre verwagting.

Die populêre teologie van die Joodse hart het nie gepas by God se plan met die Messias nie.

Daarom het die golf van opgewonde verwagting gedraai.

Dit het ‘n golf van weersin en wraak geword.

En ons sal mooi moet kyk, in hierdie lydenstyd en in hierdie Groot Lydensweek, of ons harte klop saam met populêre teologie of saam met die hart van Jesus Christus.

Wat het die Hosanna gesteel?

Ja, in die pragtige animasie-prent het die Grinch toe mos die Kersfees gesteel.

Maar hierdie is nie ‘n strokiesverhaal nie.

Dit is doodernstig.

Dit is so doodernstig dat Jesus bereid was om Sy lewe daarvoor te gee!

Watter redes snuffel ons uit vir die wegraak van die Hosanna?

Ek gaan kortliks net op enkeles wys:

1.  Jesus neem standpunt in teen skynheiligheid en eiebelang.

Die volgende perikoop vertel: Jesus maak die tempel skoon. Interessant dat Jesus direk na die intog na die tempel toe gegaan het, en dan lees ons dat Hy daar na alles gaan kyk:Hy gaan doen inspeksie.

Maar die volgende oggend toe is die hel los!En vir die Fariseërs was dit ook net ‘n “job” met sekuriteite.

Wat is ons godsdiens vir ons?As dit vir jou ‘n stukkie goeie kultuur is om darem nog aanvaarbaar te wees vir die meer vroom deel van jou vriendekring, dan gaan jou Hosanna ook wegraak.

As jy kerk toe om om God subtiel te manipuleer om vir jou te seën, dan is jy ook besig met skynheiligheid en valsheid en dan kan jy maar weet jou Hosanna gaan nie lank hou nie.  As dit vir ‘n dominee net nog ‘n “joppie” is vir ‘n salaris, dan gaan die Hosanna van my lippe af wegraak.Die vraag vir ons is in hierdie Groot Lydensweek.  En so maak Jesus vir hom ‘n lekker klomp vyande.Hy smyt al die handelaars uit. Vir hulle het dit gegaan om eiebelang.Sy gewaarwordings en bevindings en emosies word nie beskryf nie.”Jesus het in Jerusalem na die tempel toe gegaan en alles daar bekyk.”Hy boender die klomp handelaars uit die tempel uit.

2.   Mense was nie bereid om vrugte te dra nie.In die volgende perikoop is die beskrywing van Jesus wat by die vyeboom met die mooi blare verbyloop. En Jesus is honger. En Jesus het die billike verwagting dat die mooi vyeboom vrugte sal dra, maar helaas! Geen vye nie! Die boom gee van sy eie lewenssap en produseer vir ander om te kom pluk.’n Vyeboom wat nie vrugte dra nie, is eientlik baie selfsugtig.             Hy gebruik dit vir mooi blare, maar sonder enige vrugte.

Ons praat in die gemeente van bedienings. Om jouself te verbind aan dienswerk.Ek maak nie my hande vuil en ek gee nie sommer my energie weg nie.Interessant dat die vrugdra in Markus veral ook te make het met geloof en gebed

.En daarmee het die Fariseërs en die Jode baie gesukkel.Waar jy egter vir Jesus aanvaar as Seun van God en in Sy Naam in gebed na die Vader gaan, daar sluit dit vir jou groot deure van krag oop:Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê! Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur.” (:22, 23) Vrugte van geloof.Vrugte wat ‘n kragtige verskil maak in die wêreld.

Dan sal ook jou Hosanna nie wegwaai in die wind nie.Vrugte van gebed. Ware vrugte is vrugte wat Jesus as Seun van God aanvaar.  Dit staan teenoor selfsug.Hy hou al sy gawes en energie vir homself.Om vrugte te dra is vir ‘n vrugteboom ten diepste ‘n baie onselfsugtige daadDaarom vervloek Jesus sommer die vyeboom en die volgende oggend is hy tot in sy wortels verdroog.

3.  Jesus het te veel van die kruis begin praat.

Mark 12 begin met die gelykenis van die boere wat die eienaar se wingerd huur. En as die eienaar later selfs sy seun stuur om die huur te kollekteer, dan word die seun doodgemaak.

Die kruis was vir hulle ‘n te vreemde element in hul pryslied.

‘n Kruis en ‘n koning pas nie by mekaar nie.

Is daar plek in jou woordeskat vir ‘n kruis?

Is daar plek in jou woordeskat vir die Gekruisigde?

Dit is waaroor Paasfees immers gaan.

Ons hele wese veg teen die kruis.

Paasfees is hier om die kruis weer terug te skuif in ons lewens in.

Dan sal ons ook weer ‘n Hosanna kan sing.

Want die kruis het gebeur omdat my sonde ‘n kruis nodig gemaak het.

En die Hosanna se oorspronklike “Red my!” het geword “Prys Hom!”

Miskien is daar ‘n laaste ding wat gebeur het in die wegraak van die Hosanna.

Ons kry dit in die laaste deel van Mark (voordat Markus Jesus se Profetiese rede begin opteken).

 

4.   Randfigure kry te veel van ‘n ereposisie in Jesus se bediening.

By die Jode is net die helde, die invloedrykes, die konings en die rykes werklik geag.

Jesus se bediening plaas deurlopend die klem op die randfigure en die noodlydendes.

Ons kry dit ook by Mark 12 se laaste perikoop.

Wie sou nou laer op die VIP-lysie wees as ‘n weduwee? ‘n Arm weduwee.

As Jesus daar by die tempel sit, dan val sy oog op die arm weduwee.

Sy gooi in alle opregtheid die laaste twee sente wat sy het daar by die offergawekis in.

En sy word deur Jesus die rolmodel gemaak vir alle gelowiges van alle tye.

Dit is net nog ‘n randfiguur wat deur Jesus ingenooi word na die binnesirkel van aandag en aanbidding.

Jesus se ongekwalifiseerde liefde vir alle mense was vir die Joodse establishment ‘n swaar pil om te sluk.

Asof dit nie genoeg is dat Jesus eerder met die sondaars, die tollenaars en siekes meng nie. Nou word die randfigure ingetrek en in die sentrum geplaas.

En daar kry hulle liefde.

Dit is dan ook hier Mark 12:28ev hier se samevatting van die wet: “Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”

Waar die randfigure en die noodlydendes nie in die sentrum van die bediening staan nie, daar klop jou hart nie saam met Christus s’n nie.

En daar raak jou Hosanna weg.

 

Ek sluit:

Die kruis was nodig.

Die kruis sou ook nie gebeur het as Jesus enduit populêr was nie.

As Jesus populêr gebly het met hierdie aksente, dan het die mensdom nie ‘n kruis nodig gehad nie, want dan het ons harte mos juis al met Jesus s’n gesinchroniseer.

Maar dit is juis omdat ons harte nie soos Syne geklop het nie, dat die kruis nodige geraak het.

En omdat hierdie unieke liefdesbediening van Jsus vir mense te vreemd was, daarom het die Hosanna verstom

Die Groot Lydensweek roep jou dus om in hierdie week om seker te maak dat

Dan sal die Hosanna in jou lewe en in jou gemeente nie verstom nie.

Amen

 

Prediker: Ds Retief Botha.     Vir enige reaksie, e-pos gerus na rrbotha@hotmail.com.